CrimeLocal newsNews

Betogers maak stemme dik by borgtog aansoek op Standerton

Diedericks en Van den Heever is 9 Mei op aanklagte van aanranding en roof in hegtenis geneem ná hulle na bewering ’n man by Rivierpark aangerand het.

Familielede en betogers het op 24 Mei die borgtog aansoek van Christiaan Diedericks en Tristan van den Heever in die Standerton Landdroshof bygewoon.

Diedericks en Van den Heever is 9 Mei op aanklagte van aanranding en roof in hegtenis geneem ná hulle na bewering ’n man by Rivierpark aangerand het.

Volgens die klagstaat wat in die hof voorgelees is, was die twee verdagtes in die Rivierpark-omgewing met ’n wit motor op 3 Mei.

Die slagoffer het omstreeks 22:00 by dieselfde plek opgedaag, opsoek na ’n vriend wat blykbaar in nood was.

Diedericks en Van den Heever het na bewering die man gevra wat hy daar doen. Die slagoffer is daarna glo te lyf gegaan.

Die slagoffer beweer ook dat sy selfoon gesteel is.

Diedericks en Van den Heever is borgtog van R5 000 elk toegestaan en die saak is na 5 Julie uitgestel.

Related Articles

Back to top button