Local newsNews
Standerton vroue leer van perkamentpapierkuns
Die vroue van die VLU Kaalspruit-tak het op 28 Mei hul maandvergadering by die saal van die Hervormde Kerk gehou.
Die vroue van die VLU Kaalspruit-tak het op 28 Mei hul maandvergadering by die saal van die Hervormde Kerk gehou.
Marietjie Swart het sake op die agenda afgehandel. Die finansiële verslag is voorgelees en die notule van die vorige vergadering goedgekeur.
Mari-Louise Raath het daarna ’n demonstrasie van perkamentpapier kuns (parchment craft) aangebied.
Anneline Smith, gasvrou, het taklede met verversings bederf. ’n Kuier-en-kletsdag word beplan vir 31 Julie by die NG Kerk Secunda-Oos.
Die Kaalspruit-tak vergader weer op 23 Junie. Elza Language sal die gasvrou wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





