Local newsNews

Vroue van Secunda brei en hekel vir goeie doel

Groepe reik uit na dialise pasiënte.

Vroue van die ‘Heart and Hope’ hekelgroep het in samewerking met die Home Knitting wolwinkel aan ’n projek deelgeneem om blokke te brei en hekel waarvan komberse gemaak gaan word.

Van dié vroue het op 1 Junie by die wolwinkel bymekaar gekom om aan ’n hekel marathon deel te neem en saam te brei en hekel.

Hulle maak ook sakkies van die blokke wol en dié komberse en sakkies gaan aan die dialise sentrum op Trichardt asook pasiënte by die Life Groenkloof Hospiaal geskenk word.

Die vroue beplan om tot in die middel van Junie die blokke te maak en aanmekaar vas te werk om komberse te maak en dit dan te gaan uitdeel.

Die vroue het reeds 988 blokke gemaak wat 28 komberse sal kan maak.

Engie iemand wat komberse of blokke wil skenk, kan die organiseerder, Rienie Dittrich, skakel by 076 998 6983.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button