Blommeklub lede vergader op Standerton
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 17 Julie by te woon.
Lede van die Teksa Blommeklub het op 12 Junie by een van die lede, Roz du Preez, op Standerton vergader.
Du Preez het vir die lede gewys hoe om, ‘Tussy Mussie’, ’n Victoriaanse blomme rangskikking styl, te doen.
Dié styl is vroeërjare gebruik wanneer vroue dit saam met hulle gedra het om slegte reuke te oorkom.
Dit word vanuit vars blomme, loof en vars kruie gemaak wat lekker ruik en mooi lyk.
Volgens Du Preez word dit vandag nog gemaak en aan vriendinne gegee of vir pasiënte in die hospitaal.
“Dit is lekker klein, kleurvol en dit ruik lekker,” het Du Preez gesê.
Die Teksa Blommeklub bestaan uit lede vanaf Secunda en Standerton en die bestuur het belangstellendes genooi om die klub te besoek.
Hulle volgende vergadering is op 17 Julie op Secunda. Vir meer inligting, skakel Lenie Beukes by 083 959 9649.




