Local newsNewsStreeknuus

Delmas VLU-vroue proe-proe van kleur en geur

Om die spesiale dag perfek af te rond het elke vrou ’n kolwyntjie, met genoeg roomversiersel om dit te versier, gekry.

Vier van Delmas se VLU-taklede het saam met 100 ander vroue op Middelburg gekuier. Die vroue van die Carpe Diem- en Kosmosstreek het op 21 Mei byeengekom om ’n demonstrasie van Rolkem by te woon.

Volgens Delmas se skakelbeampte, Magriet Swart, is Rolkem die vervaardigers van die mees veelsydige voedsel-en ander kleursels en geursels op die mark.

“Ons almal was sommerso met die ingtrapslag met geskenkies bederf.”

Onder die bekwame hand van Andries Kemp, die sjef en uitvoerende direkteur van die onderneming is die vroue op ’n inspirasie toer van kleur geneem. Kemp se demonstrasies het die maak van van marshmallow-fluff ingesluit.

“Die lekker was dat dié bak met teelepels omgestuur was sodat elkeen van ons kon kon proe. Daarna was dit tyd vir geklopte room demonstreer en kon ons weer proe.”


Sjef, Andries Kemp.

Volgens Swart het Kemp hierna Rolkem se eetbare gom of ‘sticky stuff’ en blinkers se unieke vorme van aanwending gedemonstreer.

“Hy het eers die eetbare gom tussen sy hande gevryf en daarna ’n appel daarmee bedek. Dieselde metode het met die blinkers gevolg en die resultaat was ’n blink metaalagtige-appel.

“Hoe verder die oggend verloop het, hoe meer geïnspireerd het die vroue geraak,” het Swart verder vertel, Rolkem is die hoofborg van die VLU Mpumalanga-kongres wat in Augustus gaan plaasvind.

Tydens die kongres gaan daar ook ’n kompetisie van stapel gestuur word waartydens ‘n sprokieskoek geskep gaan word waarin die borg se produkte gebruik moet word.


LEES OOK: First Care helps community to fight a fire at Bronkhorstspruit Dam


Volgens Swart is daar baie pryse op die spel en die wenners gaan tydens die kongres bekend gemaak word.

“Ons sien baie uit om te sien waarheen die dames se verbeeldingsvlugte hulle gaan neem,” het Swart voorts laat hoor.

Om die spesiale dag perfek af te rond het elke vrou ’n kolwyntjie, met genoeg roomversiersel om dit te versier, gekry.

“Dit was inderdaad ‘n kleurvolle dag met vertellings en demonstrasies van verskeie bestanddele en weggeepryse. Baie dankie aan die Kosmosstreek en Rolkem vir ‘n genotvolle en leersame oggend vol kleur en geur,” het Swart afgesluit.

Enige vrou bo die ouderdom van 18 wat belangstel om deel van die dinamiese span van die VLU se Delmas-tak te word, kan die voorsitter, Marié Terblanche by 083 968 2203 te kontak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button