Bethal VLU-vroue neem afskeid van lid
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 17 September by te woon.
Lede van die plaaslike VLU-tak het tydens hul vergadering in Augustus afskeid van een van hulle lede, Annatjie Fourie, geneem.
Sy was vir 58 jaar deel van die VLU en het gesê elke vergadering was vir haar ’n gesellige byeenkoms van vriendinne en sy het baie geleer deur die jare deur die praatjies, kompetisies, konferensies en kongresse.
Fourie verhuis na Pretoria en Lynette Poshumus, skakelbeampte van die Bethal VLU-tak, het gesê Fourie is ’n ware vrou met ’n sagte hart en hulle wens haar alles van die beste toe vir die nuwe hoofstuk in haar lewe.
Die Bethal VLU-tak vergader weer op 17 September om 09:30 by die NG Kerk Behtal-Oos gemente en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Poshumus by 072 203 6230.
LEES OOK: Morgenzon landfill awaits refurbishment
LEES OOK: Brand ontstaan weer by leë huis op Delmas



