Vroue van verskeie omliggende dorpe het die Mpumalanga Flora Unie se mini-blommeskou en algemene jaarvergadering op 28 Augustus op Secunda bygewoon.
Blommekenner, Willem Cloete van Sabie, het die vroue gewys hoe om verskeie blommerangskikkings te doen.
Die vroue kon ook hul vaardighede wys deur blommerangskikkings in te skryf vir die skou. Die onderwerp was Modern magic.
Angelique Pretorius van Nelspruit het dié afdeling gewen terwyl Lenie Beukes van die Teksa Blommeklub op Secunda ’n tweede plek behaal het.
Beukes het die afdeling met die onderwerp ‘Augustus winde’ gewen en Nattaniah Kuhn, ook van Nelspruit, het die afdeling, A design using only three types of plant materials, gewen.
LEES OOK: Principal of Curro Secunda High School talks about marriage
LEES OOK: Mkhonza twins are still waiting for their promised house in eMzinoni