Afriforum druk Lekwa vir verlaagde elektrisiteitstariewe
AfriForum dring aan dat die bevel onmiddelik nagekom word. Die organisasie vind dit onaanvaarbaar dat die munisipaliteit die bevel minag.

Afriforum het op 12 September die Lekwa Plaaslike Munisipaiteit aangesê om gehoor te gee aan die onlangse hofbevel rakende elektrisiteitstariewe.
Dié hofbevel verbied munisipaliteite om elektrisiteitstariewe te verhoog as die nodige kostestudies nie ingedien word nie.
AfriForum dring aan dat die bevel onmiddelik nagekom word. Die organisasie vind dit onaanvaarbaar dat die munisipaliteit die bevel minag.
AfriForum het in ’n skrywe aan die munisipaliteit ’n aksieplan om terug te keer na verlede jaar se tariewe geëis
“Ons wil nou druk plaas op die munisipaliteit om te verseker dat hulle aan die hof se uitspraak voldoen en verbruikers beskerm teen onwettige tariewe,” het Hennie Bekker, organiseerder van die Hoëveld distrik, gesê.
Die uitspraak is al in verlede jaar Augustus gelewer, maar die munisipaliteit het nog geen aanduiding gegee oor hoe hulle die situasie gaan hanteer nie.
“Afriforum moedig verbruikers aan om ’n dispuut te verklaar teen hul rekeninge ingevolge artikel 102 van die munisipale stelselswet,” het AfriForum in ’n media verklaring afgesluit.
LEES OOK: Vier Erfenisdag saam met AfriForum Bronkhorstspruit-tak
LEES OOK: AfriForum versoek VKLM om betalingsooreenkoms met Rand Water te onderteken



