Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Opedag by Delmas Rolbalklub lok vele

“Ons was bevoorreg om ’n vol perk te hê en waardeer elke speler wat, ten spyte van die hittegolf, die dag by ons deurgebring het,”

In ’n ontploffing van reënboog kleure, goeie gees, sportmanskap en gesonde kompetisie was die Delmas Rolbalklub opedag op 13 Oktober gehou.

Volgens Delmas Rolbalklub president, Hanri Ehlers, is dié opedag ’n jaarlikse geleentheid om die klub en sy geriewe aan ander klubs bekend te stel.

Die wenners van die 2024 opedag was die span van Northmead met Ryno Breedt aan die stuur.

In die tweede plek was Michelle Ashburner en haar span van Jeppe Quondam. The Lake Club onder die vaandel van John Molupi het met die derde plek weggestap.

“Ons was bevoorreg om ’n vol perk te hê en waardeer elke speler wat, ten spyte van die hittegolf, die dag by ons deurgebring het,” het Ehlers gesê.

Sy het ook elke Delmas lid en ondersteuner wat tot die dag se sukses bygedra het,bedank.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button