Local newsLocal sportNews

Besighede meet staal by rolbal kompetisie op Standerton

Die groepe in vier kategorieë verdeel omrede hierdie jaar propvol spanne is.

Die Standerton Rolbalklub se besigheidsliga het afgeskop, met 24 spanne wat elke Dinsdag en Donderdag op die rolbalbaan kragte meet.

Die groepe in vier kategorieë verdeel omrede hierdie jaar propvol spanne is. In die groen kategorie loop Standerton Dierehospitaal tans voor met ’n totaal van ses punte.

Samek oorheers die blou kategorie met agt punte.

Die NPM1 span loop voor in die rooi kategorie met ses punte en die VHS-span staan tans eerste in die geel kategorie, met ses punte.

Dié geleentheid vir geselligheid bied aan besighede ’n kans om spangees te bou wat hulle tot in die werksplek kan oordra.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button