Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Rolbalklub huisves liga spelers van oraloor

”Ons sien met groot opgewondenheid uit na die res van die liga.”

Die Ekhurhuleni Bowls Club (EKB) liga het op 26 Oktober afgeskop. Een van die wedstryde was op die tuisbaan van Delmas Rolbalklub aangebied en verskeie klubs se spanne het plaaslik deelgeneem.

Delmas spog met ’n vroue tweede divisie span in die liga sowel as ’n mans vierde divisie span.

Die vroue wat in die tweede divisie deelgeneem het kon daarin slaag om vier punte uit ’n moontlike ses in hul sakke te steek en die mans vierde divisie A-span het gewen terwyl die B-span verloor het.

“Die deelnemende klublede van Delmas het ’n uitstekende begin gemaak; dit is egter slegs die begin van ’n lang EKB-ligaseisoen en enige iets kan nog gebeur. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die res van die liga,” het Hanri Ehlers, die president van die Delmas Rolbalklub, gesê.

Die datums vir die volgende EKB tuis liga wedstryde is 2, 23 en 30 November. Daarna is daar ’n blaaskans waarna die volgende wedstryd weer op 1 Februarie 2025 tuis gespeel sal word.

Wedstryde skop om 14:00 af en die publiek word versoek om die Delmas Rolbalklub en hul deelnemende spelers te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button