CrimeLocal newsNewsStreeknuus

AfriForum buurtwagte patrolleer N12

Daar was ook ses hommeltuie gelyktydig oor die N12 in Delmas gevlieg om die gebied te fynkam vir moontlike kliplokvalle op die padoppervalk.

Die Delmas Valke Buurtwag in samewerking met die AfriForum buurtwagte van Kempton Park, Benoni, Middelburg, Ermelo, Secunda en die Mpumalanga lugvleuel het op 24 Oktober vir sowat ses ure lank om die beurt die N12-snelweg met hommeltuie gepatrolleer.

Die hommeltuie se ligte is later die aand aangeskakel om misdadigers te ontmoedig om lokvalle te stel en te wys dat AfriForum buurtwagte paraat en bereid is om op te tree indien nodig.

Daar was egter op geen ysterpenlokvalle, of in die geval van die Delmas omgewing, klippe op die padoppervalk, afgekom nie.

Volgens buurtwaglede is dit vermoedelik as gevolg van die hoë sigbaarheidspatrollies wat dié buurtwagte in daardie stadium vir dae lank in die gebied gery het.

Verskeie AfriForum buurtwagte in Mpumalanga het verlede week ook vanaf Maandag tot Saterdag verskeie misdaadbrandpunte gepatrolleer.


Die span wat deel was van die onlangse AfriForum operasie langs die N12 in die Delmas omgewing.

Dié buurtwagte het veral op hoofweë gefokus om kapings en ysterpenlokvalle te voorkom. Tydens dié week het 12 van AfriForum se buurtwagte bykans 5 000 km tussen Nelspruit en Piet Retief afgelê om patrollies te ry.

Daar was boonop ook ses hommeltuie gelyktydig oor die N12 in Delmas gevlieg om die area te fynkam vir moontlike kliplokvalle op die padoppervlak.

“Opregte dank aan almal wat die operasie op die N12 in die Delmas omgewing moontlik en suksesvol gemaak het. Die Delmas Valke Buurtwag span, tesame met onwetende padgebruikers, waardeer elkeen se insette,” het Gino Sansovin, protospan lid van die Delmas Valke Buurtwag, gesê.

“Ons sien daarna uit om weer in die toekoms saam te werk aan ons gesamentlike doel om ons gemeenskap te beskerm”.


’n Lid van die AfriForum se Middelburg Buurtwag tydens die operasie langs die N12 in die Delmas omgewing.

Carel Botha, die voorsitter van Delmas se AfriForum Buurtwag, het ook elkeen van die rolspelers opreg bedank die tyd wat hulle afgestaan het om Delmas Buurtwag by te staan in hul stryd teen die toenemende gewedadige misdade op die N12.

“Die samewerking tussen die verskillende buurtwagte, die polisie en privaat veiligheidmaatskappye vanuit die omgewing kan net positiewe vrugte afwerp – saam sal ons ’n verskil maak,” het Botha ook gesê.

“Hierdie inisiatief is net weer eens ’n bewys van hoe georganiseerde buurtwagstrukture saam kan staan om te verhoed dat misdaad vastrapplek in die streek kry,” het Hennie Bekker, AfriForum distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

“AfriForum moedig die gemeenskappe in Mpumalanga aan om betrokke te raak by dié burgerregteorganisasie se buurtwagstrukture om sodoende beheer te neem oor hul veiligheid en die misdaadsituasie in die streek.

“AfriForum glo daarin om voorkomend op te tree en hierdie patrollies is net weer eens ’n bewys daarvan,” het Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, bygevoeg.


LEES OOK: Kleinding van Delmas veg weer teen die groot K

LEES OOK: Cast your rod at fundraising fishing competition at Grootdraai Dam


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button