Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Gholfdag ten bate van die NG Kerk op Sundra gehou

Chris du Plessis is die wenner van die kompetisie.

Die Nerderduits Gereformeerde Gemeenskapskerk van Sundra se gholfdag was op 25 Oktober by die Delmas gholflkub aangebied.

Met warm sonskynweer, ywerige spelerskompetisie en goeie pryse het dié geldinsameling vir die gemeente van Sundra in ’n dag van groot pret en plesier uitgedraai.

Teen die einde van die dag se spel het Chris du Plessis in die eerste plek geëindig. In die tweede plek was Barend Kruger en Joppie Victor (senior) het met die derde plek weggestap.


LEES OOK: Besighede meet staal by rolbal kompetisie op Standerton


Die klubkaptein, Adriaan Benadie, ook die predikant van dié gemeente, het ’n paar items opgeveil en daar was ywerig ten bate van die kerk gebie.

Benadie het elkeen wat die dag ondersteun het, bedank. Benadie het dan ook spesiaal vir Reuben en Leandri du Plooy van We Meat Again bedank vir hul volgehoue harde werk, lang ure en ondersteuning van die Delmas Gholfklub.

“Baie dankie aan elkeen van ons borge en spelers – sonder julle sou die dag nie moontlik gewees het nie,” het Benadie die dag se spel en prysuitdeling afgesluit.


LEES OOK: Standerton se Stephen Nortjé geniet sy gholf


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button