CrimeLocal newsNews

Secunda-paar verskyn weer in hof vir bedrog

Landdros stel saak uit na 11 November.

Die paartjie wat tereg staan op aanklagtes van diefstal en bedrog, het op 30 Oktober weer in die streekhof op Evander verskyn.

Zane Calitz en Christo Boshoff is op 18 Februarie vanjaar inhegtenis geneem nadat hulle na bewering geld van mense ontvang het om sonpanele op te sit, en dan nooit die werk gedoen het of die geld terug betaal het nie.

As inwoners hulle geskakel het om navraag te doen, is hulle glo gevloek. Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen hulle.

Hul saak is uitgestel na 11 November en die twee bly steeds in aanhouding.




ALSO READ: Hawks arrest additional suspect for suspected stolen property in Leandra

ALSO READ: Hawks arrest Bangladesi in Leandra area for possession of stolen goods

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button