Voorsitters vat kapteine aan by Standerton Buiteklub
Die kapteine het die dag gewen, met 24 punte teenoor die voorsitters se 20 punte.
Die Standerton Buiteklub het op 26 Oktober hul voorsitters teen die kapteine op die baan uitgestuur.
Adri Mynhardt en Adri van der Linde het gelykop gespeel, met een punt elk. Sonja Nortjé het Alanda Vienings geklop met van 2-0.
Anel Botha en Alanda Vienings het gelykop gespeel, deur elkeen 1 punt op hul telkaarte in te vul.
Jacques Scholtz en Francois Cronjé het kop-teen-kop gegaan, Cronjé het die wen met 2 punte verdien.
Aldo Arnaldi het gewen teen Johardt Swanepoel, met ’n telling van 2 punte. Nick Momberg het Louis Bibbey 2-0 geklop.
Nicky Momberg (2) het Jacques Nel (0) aangevat. Werner Mouton het teen Rikus White afgeslaan en het die stryd 2-0 gewen.
Fanie Botha het huiswaarts gekeer met die wen teen Mark van Vuuren (0). Janneman Kotze het teen Gerhard van Rheede van Oudtshoorn gespeel en het met 2 punte gewen.
Mark Nortjé het teen Gerhard Brits afgeslaan en het met ’n finle puntetelling van 2-0 gewen. Johan Griesel en Attie Mouton het teen mekaar gespeel, Griesel het gewen met ’n telling van 2-0.
NT Coetzee het teen JT Eksteen gespeel en 2-0 gewen. RJ Kinnear het Rowan Brink geklop met 2-0. Nico Lombard het teen James Bonthuyzen gespeel en het die stryd 2-0 gewen. Herman Mynhardt (2) het teen Hennie Swanepoel (0) gewen. Deon Grimsell (2) het Louis Gravett (0) geklop.
Stephen Nortjé het Gerrit Coetzee geklop met ’n eindtelling van 2-0. Neville Ritchie en Joré Nortjé het teen mekaar afgeslaan, Nortjé het die wen gevat met 2-0.
Casper Roux en Kobie Coetzee het teen mekaar gespeel, die finale telling was 2-0 in Coetzee se guns.
Gert du Preez en Ronald Kinnear het ’n eindtelling van 2-0 gehad. Innocent Dhladhla en Johan Brink het die dag afgesluit en Brink het die wen 2-0 gevat. Die kapteine het die dag gewen, met 24 punte teenoor die voorsitters se 20 punte.