Local newsNews

Mike van der Walt groet Secunda na jare

Doha in Katar wink vir Van der Walt-gesin.

Mike van der Walt, nasionale atletiekafrigter en biokinetikus, en sy gesin, groet Secunda na jare.

Dié gesin immigreer in Desember na Doha in Katar. Van der Walt se praktyk was vir 17 jaar by Hoërskool Secunda en hy het baie van dié skool asook ander skole in die omgewing se atlete afgerig.

Hy het op Standerton grootgeword en toe reeds op Secunda kom atletiek oefen. Hy was ’n 100m naelloop-atleet en het tot in 2005 nog aan atletiek deelgeneem.

Van der Walt was ook tot in 2014 Mpumalanga se atletiek-afrigter vir naellope en hy was ook by die Mpumalanga Pumas Rugby Unie betrokke tot vanjaar.

Hy was verlede jaar nog by die Craven-week in George as biokinetikus betrokke en verskeie kere by die Grant Khomo Rugbyweek wat vanjaar in Port Elizabeth aangebied is.


LEES OOK: Sewage builds up in property in eMzinoni


Van der Walt het ’n sportkondisionerings- en rehabilitasie gimnasium by Hoërskool Secunda oopgemaak en sy betrokkenheid by dié skool het tot baie suksesse gelei.

Een van dié suksesse sluit in dat die skool die interhoër atletiekbyeenkoms vanaf 2015 tot 2024 gewen het.

Hy was ook by Hoërskool Secunda se eerste rugbyspan betrokke en dié span het vir lank bo-aan die ranglys in Mpumalanga gelê en was onder die top 40 spanne in Suid-Afrika.

Hy het Hoërskool Secunda se eerste rugbyspan afgerig wat ook vir lank bo-aan die ranglys gelê het.


LEES OOK: eMbalenhle man ekes out a living with creative toys


Gedurende sy loopbaan as provinsiale atletiekafrigter, het hy 217 provinsiale atlete opgelewer wat al 13 goue, 18 silwer en 23 brons medaljes op nasionale vlak ingepalm het.

Hy gaan in Katar as ’n ontwikkelings naellope-afrigter op nasionale vlak werk. Hy en sy gesin is opgewonde oor dié nuwe hoofstuk in hul lewens en hoewel hy sy atlete gaan mis, glo hy dit is tyd vir ’n nuwe avontuur.

“Katar is ’n land wat baie familie-vriendelik is en baie verwesters is,” het van der Walt vertel.

“Daar is mooi parke waar ’n mens kan gaan stap, die jaarlikse Formula 1 Grand Prix is daar, in 2022 is die Wêreldbeker Sokker daar aangebied en die ‘Diamond’-liga atletiek en PGA Gholf-liga is ok daar.

“Dit is ’n land wat baie het om te bied.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button