Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Dellies Gholfklub wys 2024 ‘Kallie Cup‘-wenners aan

Die beste spelers uit elke afdeling het in die eindstryd teen mekaar te staan gekom in mededinging vir die toppryse en toekennings.

Die eindstryd van die jaarlikse Kallie Cup-toernooi het op 2 November by die Delmas Gholfklub ’n spannende hoogtepunt bereik.

Volgens die klubkaptein, Adriaan Benadie, vind die kompetisie maandeliks in drie afdelings volgens voorgee-groeperings plaas.

Die beste spelers uit elke afdeling het in die eindstryd teen mekaar te staan gekom in mededinging vir die top pryse en toekennings.

“Elke maand se wenners het hul plek in die groot finalé verseker en dit het die kompetisie net nog meer mededingend gemaak,” het Benadie gesê.


Adriaan Benadie, Kallie Schoeman en die wenner van die Kallie Cup toernooi in die A afdeling, Francois Kruger.

Die Kallie Cup is genoem na Kallie Schoeman, ‘n voormalige president van die klub. Hy was nie net teenwoordig nie, maar het self ook vir die eindstryd gekwalifiseer.

Schoeman is ook die borg van die gewilde plaaslike reeks. Kompetisie in die A afdeling was Francois Kruger, Arno Kruger en Adriaan Benadie.

In die B afdeling was dit Pieter van der Merwe, Barend Kruger en Sfisi Pitbull en in die C afdeling Dilien Kruger, Floris Smit en Jandré Viljoen.

In die A afdeling het Francois Kruger op 72 met die trofee weggestap en in die B afdeling was Pieter van der Merwe op 65 met die trofee beloon.


LEES OOK: Ikusasalethu Secondary School excels at SADTU awards 


Dilien Kruger het in die C afdeling die vroulike geslag trots gemaak deur op 70 te eindig om dié trotse trofee-houer te word.

“Die dag was gekenmerk deur pragtige weer en ’n gemoedelike atmosfeer wat tot die versterking van die spelers se ywer en entoesiasme bygedra het,” het Benadie ook gesê.

“Die spel was van hoogstaande gehalte, en elke deelnemer het hul bes probeer om met die gesogte prysgeld en trofee huis toe te gaan.

“Ons bedank elkeen wat bygedra het tot die sukses van dié spesiale dag op die Delmas Gholfklub se kalender, dankie ook aan elke speler wat dit ondersteun het.”


LEES OOK: Bethal and eMzinoni get a 40MVA transformer for the new substation


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button