Local newsNewsStreeknuus

Kwartelboer op Cullinan deel sy passie

“Ek glo dat namate die bewustheid van die voordele van kwarteleiers aanhou groei, dit geleidelik ’n gesogte bestanddeel in fynproewerskombuise en ’n gunsteling onder gesondheidsgeesdriftiges sal word”.

Danie Kruger, ’n inwoner van Cullinan, boer sedert 2023 met kwartels. Kwartelboerdery mag dalk vreemd op die oor van Jan Alleman val, maar volgens Kruger is daar ’n groeiende vraag na kwartel eiers.

Kruger het na die voltooiing van sy diensplig as korporaal in die Weermag ’n diploma in lanboubestuur in Worcester verwerf.

“Hier het ek die grondslag vir my toekomstige poging gelê,” het Kruger gesê.

Kruger het aanvanklik sy boerderyloopbaan as bestuurder van sy eie melkery in die Vrystaat bedryf.

“Dit was juis in hierdie tyd dat ek die potensiaal van kwartelboerdery raakgeloop het,” het Kruger verder vertel.

Geïnspireer deur die voedingsvoordele en groeiende vraag na kwarteleiers, het hy hom toegewy aan uitgebreide navorsing oor die onderwerp. Vandag wys Kruger se kwartelonderneming die resultate van sy harde werk en toewyding aan organiese praktyke.

Volgens Kruger het hy unieke hokke ontwerp en gebou wat spesifiek aangepas is om aan die behoeftes van sy kwartels te voldoen; wat ’n veilige en gemaklike omgewing verseker om sodoende die kwartel se welstand te bevorder.

Met kwartelboerdery nou as Kruger se fokus, het hy die goeddeurdagte hokke vergroot – nie net vir die gesondheid en produktiwiteit van die voëls nie, maar dit vergemaklik ook produksie van organiese kwarteleiers, gesog vir die restaurant-bedryf.

“Kwarteleiers bied talle talle gesondheidsvoordele wat bydra tot beide fisiese en geestelike welstand. Hul hoë proteïeninhoud help met spierbou en herstel en dit maak die eiers ’n uitstekende opsie vir atlete en aktiewe individue,” het Kruger vertel.



“Daarbenewens help die teenwoordigheid van antioksidante teen die aanslag van daaglikse stres, wat weer ’n gesonde immuunstelsel ondersteun,” het Kruger ook gesê.

“Vir diegene wat hul gewig wil beheer, is kwarteleiers laag in kalorieë, maar hoog in noodsaaklike voedingstowwe en dus ’n perfekte toevoeging tot maaltye sonder die skuldgevoelens wat dikwels met minder gesonde keuses gepaard gaan.”

“Ek glo dat namate die bewustheid van die voordele van kwarteleiers aanhou groei, dit geleidelik ’n gesogte bestanddeel in fynproewerskombuise en ’n gunsteling onder gesondheidsgeesdriftiges sal word. Ek sien met passie om na my kwartels en maak van volhoubare boerderymetodes gebruik.”

Hiermee glo Kruger dat hy die weg na ’n suksesvolle kwartelboerdery onderneming in die Cullinan streek baan, terwyl hy ook tot die plaaslike ekonomie en gemeenskap bydra.


LEES OOK: Make Christmas wishes come true with the NLF in Standerton

LEES OOK: Parolees and probationers get training in agricultural skills in eMbalenhle


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button