Local newsLocal sportNews

Hengelaars trek reuse visse uit Grootdraaidam by Baberfees

Nicky Momberg het die grootste baber, ’n kneuwel van 13.98kg, vanaf sy boot uitgetrek.

Die NZT Baberfees op 2 November het hengelaars van oral na die Grootdraaidam gelok. Nicky Momberg het die grootste baber, ’n kneuwel van 13.98kg, vanaf sy boot uitgetrek.

In die tweede plek, met ’n 13.70kg baber, was Morné Moll. Lucas Erwee het die derde plek ingeneem, met ’n 12.78kg baber.

In die junior afdeling, het Zian du Toit ’n 13.14kg baber vanuit ’n boot gevang. George Kersop het die grootste baber wat vanaf die oewer vasgekap en dit het 11.92kg geweeg.

Mudisa Xholise het die tweede plek ingeneem met ’n 8.86kg baber, gevolg deur Andrée Ferreira in die derde plek met ’n 8.24kg baber.

Derik Smit het die junior afdeling oorheers met’n 4.68kg baber wat hy na die wal gesleep het. Armand Khul het die kleinste baber vir die dag, wat 0.28kg geweeg het, gevang.




ALSO READ: Loffie-hengelaars blink uit

ALSO READ: Loffies se hengelspan kuier om die viswaters

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button