Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Loffies se hengelspan kuier om die viswaters

Teen die einde van die Saterdag se hengel het Loffie-leerder, Johan Barnard, ’n trotse kerf op sy stok kon maak met die 6.32kg karp wat hy uitgetrek het.

Laerskool Eloff se hengelspan het tydens hul jaarlikse hengelnaweek gedurende Oktober by Oranjeville langs die Vaaldam gaan kamp.

Tydens dié hengelhoogtepunt was daar baie visse uitgetrek.

Volgens spanbestuurder, Wouter van Vuuren, was die son ongenadiglik warm en moes die span na Saterdag se hengel noodgedwonge later die volgende dag oppak en huiswaarts keer.

Teen die einde van die Saterdag se hengel het Loffie-leerder, Johan Barnard, ’n trotse kerf op sy stok kon maak met die 6.32kg karp wat hy uitgetrek het.


LEES OOK: Skoolskoene aan minderbevoorregte leerders in Delmas-omgewing gelewer


“Elkeen van ons hengelaars kon daarin slaag om vis uit te trek,” het Van Vuuren vertel.

“Dit was ’n heerlike tyd en ten spyte van die hitte het elke ouer en jong hengelaar dit baie geniet. Dit was soos ’n mini-vakansie vir beide ouers en leerders”.

Laerskool Eloff se skoolhoof, Louise van Niekerk, het die leerders se ouers en almal wat betrokke was by die reëlings en sukses van die Vaaldam-hengelekspidisie, opreg bedank.

“Spesiale dank ook aan Johnny van Vuuren vir sy beplanning en bydrae om van die naweek so ’n onvergeetlike ervaring vir Loffies se hengelspan te maak.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button