Nuwe tradisie huldig Dellies-leiers vir 2025 in
Pieterse het ook ’n splinternuwe tradisie vir Dellies begin waartydens die hooseun- en meisie elk ’n spesiaal omboorde skoolbaadjie ontvang het.
Laerskool Delmas het op 14 November hul leiers vir 2025 ingehuldig asook die hoof- en onderhoofseuns en -dogters aangekondig.
Nadat onderwyseres Lindie de Beer die verrigtinge geopen het en vorige leiers die nuwe leiers, onderwysers en hul ouers toegespreek het, het die skoolhoof Johan Pieterse sy toespraak gelewer.
Die nuutverkose leiers was na die verhoog geroep waartydens ouers hul kinders se balkies kon aansteek. Hierna het die groot oomblik aangebreek en is die hoofseun as Michael van der Laan en die onderhoofseun as Kagiso Mothapo aangekondig.

Carla Coetzer is as die hoofmeisie vir 2025 aangekondig en Aneshka van der Walt as onderhoofmeisie.
Pieterse het ook ’n splinternuwe tradisie vir Dellies begin waartydens die hooseun en -dogter elk ’n spesiaal omboorde skoolbaadjie ontvang het, kompleet met ’n sash vir Carla en ’n staf vir Michael.
Pieterse het gesê hy hoop en vertrou dat hierdie tradisie vir baie jare vorentoe steeds in gebruik sal wees by Laerskool Delmas.

Ander verkose leiers vir 2025 is Xoliswa Nkombani, Onthatile Phahlamoraswi, Leané Pretorius, Tiana Redelinghuys, Ané Rossouw, Ntokoza Sibanyoni, Diané van Wyk, Wanri van Zyl, Zanri Berg, Zaneta de Jager, Nokubonga Dladla, Neriah du Plessis, Annemie Kachelhoffer, Mariné Kearney, Klara Keevy en Nonpumelo Masuku.
Die seuns wat as leiers verkies is, is Daluxolo Biyela, Mark Hong, Mpendulo Khulmalo, Mpendulo Mahalangu, Itemeleng Mashigo, Franco Scott, Mercy Shabangu en Christiaan Taute.
Na afloop van die formaliteite en gelukwense het trotse ouers, onderwysers en gaste die aand gesellig afgesluit met ’n ligte ete.
ALSO READ: SHS spog met 7 NSS merkers
ALSO READ: Standerton Primary awards learners






