CrimeLocal newsNewsStreeknuus

Delmas SAPD Vispol het nuwe hoof

“Die nuwe posisie is ’n groot uitdaging, maar ek is gereed om my gemeenskap te dien.”

Luitenant Kolonel Salomé van der Westhuysen is as Delmas SAPD se nuwe hoof vir sigbare polisiëring (Vispol) aangestel.

In plaaslike kringe bekend as kaptein Salomé, het Van der Westhuysen dié amp op 1 November opgeneem. Daarmee saam is sy ook tot die rang van luitenant kolonel bevorder.

Sy was vanaf 2005 en tot en met 2019 die bevelvoerder van die Sundra SAPD, waarna sy na Delmas oorgeplaas is.

As bekende in Delmas en omgewing, was dit dus vir Van der Westhuysen die aangewese roeping om vir die betrekking as hoof van die eenheid vir sigbare polisiëring op Delmas aansoek te doen.

Volgens Van der Westhuysen het sy haar toetrede tot die polisiediens in 1988 gemaak. Vanaf Januarie tot Junie 1989 het sy haar polisie opleiding by die Polisie Kollege in Pretoria Wes voltooi. Diens by Oshoek, Amsterdam en Emzinoni het gevolg waarna sy na Sundra verplaas was.


LEES OOK: Blood service launches Red Saturday Big Bleed campaign


“Ek voel geëerd om hierdie pos te kan beklee, ek is veral dankbaar dat ek in my bekende omgewing kan aanbly,” het Van der Westhuysen gesê.

“Die nuwe posisie is ’n groot uitdaging, maar ek is gereed om my gemeenskap te dien.”

Kaptein Carla Hartley, die media woordvoerder vir Delmas SAPD, het namens die Delmas polisie Van der Westhuysen gelukgewens.

“Ons lede sien daarna uit om Van der Wesyhuysen in haar hoedanigheid as Vispol hoof te ondersteun,” het Hartley gesê.

“Dit is ook van groot voordeel dat sy alreeds so lank deel is van ons gemeenskap; ons sien met groot afwagting uit na positiewe veranderinge en verbeteringe.”



LEES OOK: Doctors postpone surgery on baby from Standerton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button