Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullinan se krieketspan verloor met twee paaltjies

PWG Sinoville 5 wat Callinan se tuis span is, het eerste gekolf en 175 lopies vir 10 behaal.

Cullinan se tuis span, PWG Sinoville 5, het Saterdag met twee paaltjies in ’n spanningsvolle wedstryd teen Pretoria 5 verloor.

Dié wedstryd het tot die laaste paar balle gegaan, en beide spanne het op hul top gespeel. Pretoria 5 het uiteindelik die wenlopies behaal.

PWG Sinoville 5 het eerste gekolf en 175 lopies vir 10 behaal.

Ryno Harmse het met ’n sterk 42 lopies die beste gevaar, terwyl Kenny Rother met 29 lopies, nie uit nie, ’n waardevolle bydrae gelewer het.

Pretoria 5 se boulers het egter die druk toegepas en die Sinoville 5 kolwers vinnig afgerond. Pretoria 5 het 176 vir 8 aangeteken met Elnu Potgieter wat met ’n uitstekende 58 lopies die grootste rol gespeel het.

Sinoville 5 boulers het gekook, met Kenny Rother wat drie paaltjies vir sewe lopies laat kantel het en Clement Jordan wat drie paaltjies vir 24 lopies aangeteken het.

Dit was egter nie genoeg om Pretoria 5 van die oorwinning te weerhou nie.

Sinoville 5 speel op 30 November hul laaste wedstryd van die jaar. Dié kragmeting teen Laudium 4 word is ’n wegwedstryd in Laudium.

Die tweede been van die seisoen sal in Januarie begin, waar Sinoville 5 weer teen elke span sal meeding.



LEES OOK: Evander court grants new bail hearing date to man accused of killing his girlfriend

LEES OOK: Taxi association chairman warns members not to scrap their vehicles if they cannot pay installments

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button