Local newsLocal sportNews

Sasol Rugbyklub vereer hul bestes

Die het ook vir Lodewyk Uys wat vir die laaste vyf jaar as hoofafrigter die dryfkrag agter die spelers was, gegroet.

Die Sasol Rugbyklub het Saterdagaand die spelers wat in 2024 uitgestaan het, vereer. Dit was veral die “jongmanne” wat vanjaar trofeë by die prysuitdeling opgeraap het.

Xavier Fourie is as die speler van die jaar aangewys en het in sy afwesigheid, ook die trofee ontvang vir die beste voorspeler in die eerste span.

Warren Moolman is met die Heart-trofee vereer. Dié trofee word toegeken aan die speler wat deur die jaar die klub se waardes uitgeleef het.

Tian Steyn het verskeie toekennings ingepalm. Hy is aangewys as die mees aanvallende speler van die jaar, die beste nuweling, die eerstes se beste agterspeler en ook die spelers se speler.


Lizette en Lodewyk Uys is Saterdagaand met blomme en ’n trofee gegroet.

JP Roarty het die trofee vir beste sportmanskap ontvang. Hy het ook die toekenning vir die tweede span se beste kombinasie met Gulston Mabe en Jano van der Merwe gedeel.

Die puntemaker van die jaar was weereens Dirk Coetzer wat met sy skopvoet die punte vir sasol Rugbyklub laat inrol het, terwyl die blitsige Ronnie Tshabalala die meeste drieë vir die eerste span gedruk het en André Wittstock die meeste drieë vrir die derdes ingeryg het.

Xongani Ngobeni is aangewys as geesbouer van die jaar, Gcobani Vula as die speler wat die beste vordering getoon het, Tobie Molefe as die veelsydigste speler en Ruben Silvo as strontmaker van die jaar.

Die Diesel-trofee vir die beste uithouvermoë is aan Martin Sithole toegeken en die trofee vir verdienstelikheid aan Rocky Groenewald.


ALSO READ: Hackers and Whackers host thrilling LiFt golf tournament in Bronkhorstspruit


André Schwab het die trofeë ontvang vir die bestuurslid van die jaar en die klubman van die jaar. Rhegard Scheepers was vanjaar die eerste span se beste verdediger.

Die tweede span se top-spelers was Christiaan Wentzel as beste verdediger, Gulston Mabe as beste voorspeler en Sphello Jama as beste agterspeler.

Die derde span se beste spelers was André Wittstock as beste verdediger, Ryan Vermeulen as beste voorspeler en Justin Johansson as beste agterspeler.

Vermeulen het ook die Gerry Gendall-trofee vir die oudste aktiewe speler van die jaar ontvang. Dié trofee is vanjaar vir die eerste keer uitgegee ter ere aan Gerry Gendall, ’n 53-jarige speler van Loskop wie in Junie in ’n ongeluk by sy huis dood is.


André Schwab (middel) oorhandig die trofee vir die Ondersteuners van die Jaar aan Hugh en Zelmi Roarty en Sonja en Thinus Steyn.

Kaptein Arra Odendaal is die derdes se speler van die jaar. Hugh en Zelmi Roarty en Thinus en Sonja Steyn deel die trofee as die klub se ondersteuners van die jaar.

Johann de Bruin, ’n voormalige kaptein van die eerste span is vanjaar as ‘n erelid op die klub se herinneringsmuur vereer.

Die prysuitdeling was ook ’n bittersoet-gebeurtenis, want terwyl die spelers vereer is, het die man wat vir die laaste vyf jaar as hoofafrigter die dryfkrag agter die spelers was, Saterdagaand die klub gegroet. Lodewyk Uys en sy gesin verhuis vandeesmaand na Bloemfontein.

“Dit was vir my ’n voorreg. Nadat ek my rug in 2017 gebreek het, het Sasol Rugbyklub weer my liefde vir die sport laat opvlam. Dié klub sal altyd spesiaal wees en is vir ewig in my hart,” het Uys, ’n oud professionele rugbyspeler, gesê.

In sy oorsig oor die afgelope seisoen, het Uys vertel daar is ’n oplewing van nuwe spelers.

“Dankie aan almal wat in my geglo het.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button