Local newsLocal sportNews

Hengelaars maak nette en beursies vol by Grootdraaidam

Secunda Round Table 231 het die hengelkompetisie ten bate van Laerskool Trichardt se koshuis aangebied.

Met yslike kontantpryse op die spel, het Secunda Round Table 231 se hengelkompetisie ten bate van Laerskool Trichardt se koshuis, hengelaars Saterdag van wyd en suid na die Grootdraaidam gelok.

Andries Jardin het die prys van R10 000 vir grootste baars gewen, met sy 1.32kg vis. In die oewerafdeling het André Pretorius se 8.50kg vis vir hom R20 000 in die sak gebring.

Madelein Pretorius het die tweede plek (R10 000) ingeneem met ’n 7.38kg vis. Sibo Nkosi het die derde prys van R5 000 gewen met ’n 4.48kg vis.

In die bootafdeling het Kierie du Preez die R20 000 gewen met ’n 12.90kg monster.



Sharon Harrison het ’n 10.14kg vis uitgetrek en daarmee R10 000 gewen en Jaco Naudé het die derde plek ingeneem met ’n 8.14kg vis waarvoor hy R5 000 gewen het.

In die kinderafdeling het Janu Momberg ’n 10.16kg vis vanuit ’n boot gevang. Hanro Pelser het die tweede plek ingeneem met ’n 7.64kg vis en Ilé Rijsbergen het ’n 7.06kg vis uitgetrek.

Adeleine Pretorius het oorheers in die kinders se oewerafdeling, met ’n 6.16kg vis. Jayden Ferreira het ’n 3.26kg vis na die wal getrek.

Hannes Fourie het die derde plek ingeneem met sy 1.80kg vis. Al die kinders wat aan die kompetisie deelgeneem het, het ’n geskenkpakkie met ’n visstok ontvang.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button