Edelvalktak van Standerton vereer sy top skuts
Wynand Ferreira het die grootste Blouwildebees-trofee opgeraap. Willem Viljoen het die toekenning vir die grootste Blesbok en Njala verwerf.
Die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Edelvalktak op Standerton het op 30 November hul jaarlikse prysuitdeling by Jonkersdam gehou.
Evert Genis is aangewys as die beste veteraan en Nols Rautenbach het die tweede plek ingeneem. Thinus Bosse is aangewys as die beste trofee-jagter vir die jaar.
Wynand Ferreira het die grootste Blouwildebees-trofee opgeraap. Willem Viljoen het die toekenning vir die grootste Blesbok en Njala verwerf.
Jaco Potgieter het die eerste plek verower in die afdeling vir beste senior windbuksskut. Iwan Lues was tweede. Carla Lues is die beste skut onder die vroue.
Sy is ook erken vir haar uitsonderlike eerste plek in die vroue-afdeling van die SAJWV se nasionale kompetisie. Iwan Lues is aangewys as die veelsydigste senior skut. Die beste boogjagskut is Ricardo Botha.
Jako Steenkamp het die trofee ontvang as die geweerskut van die jaar en Jurriaan Booysen die trofee vir die beste penkopskut.
Die prys vir die beste haelgeweerskut is aan Johan Geldenhuys toegeken. Larice Viljoen is die beste junior windbuksskut en Muzzamil Cajee die beste penkop met ‘n windbuks.