Local newsNews

Tiener van Secunda se modelwerk neem haar na New York

Jong model benodig geld om internasionale kongres by te woon.

Tiffany Uys (14) wou nog altyd modelwerk doen en nou is haar grootste droom bewaarheid.

Sy is gekies om volgende jaar in Julie aan een van die wêreld se grootste internasionale kongresse, die International Modeling and Talent Association (IMTA) kongres deel te neem, wat in New York, Amerika plaasvind.

Tiffany het in September aan ’n talentkompetisie van die International Arts Talent Showcase (IATS) in Johannesburg deelgeneem waar sy raak gesien is deur agente van IMTA.

Nie enige iemand kan aan dié IATS talentkompetisie deelneem nie, deelnemers gaan vir oudisies en word gekeur of as ’n agent jou raaksien, word jy gekies en genooi.

Die kongres in New York is ’n platform wat aan sangers, modelle, dansers en akteurs die kans en opleiding bied om op internasionale vlak hul talente te wys en dan ook moontlike geleenthede kan skep vir loopbane oorsee.

“Dit is ’n een keer in ’n leeftyd geleentheid vir Tiffany,” het haar ma, Wendy Uys, gesê.

Dié jong model is nou deel van die talentagentskap, 33 and Me. Haar niggie, Gizzelle Uys (27), was nog altyd haar rolmodel en het haar gemotiveer om met modelwerk te begin.

Gizzelle is as Mejuffrou Eco South Africa gekroon en het toe Suid-Afrika in Egipte gaan verteenwoordig waar sy met die titel van Mejuffrou Eco International weggestap het.

Tiffany het vroeër vanjaar by die Vogue Catwalk Modelskool begin en sedertdien het haar modelloopbaan vlamgevat. Op 29

Junie by haar eerste modelkompetisie het en ’n agent van IATS haar raak gesien. Dit terwyl sy die vorige aand moes hoor haar geliefde Cocker Spaniel hond moet uitgesit word.

“Ek was baie op my senuwees en hartseer en toe het ek gevries terwyl ek op die verhoog moes loop,” het Tiffany vertel.


Tiffany Uys (14) wil graag die geleentheid om ’n internasionale kongres in New York in Amerika by te woon, met albei hande aangryp.

Sy is egter opgewonde vir die geleentheid om na New York te gaan.

Vir ma Wendy het alles baie vinnig gebeur en sy wil alles in haar vermoeë doen om dit moontlik te maak vir haar kind om die kongres in New York te kan bywoon.

Vir veiligheidsredes wil sy graag saam met haar na New York gaan vir die week en die gesin werk hard om geld in te samel vir dié geleentheid.

Tiffany verkoop bandjies wat sy self maak en sy en Wendy beplan om te gaan blikskud by ’n verkeerslig om geld in te samel.

Die kostes van die kongres alleen beloop R70 200 en dan moet ma en dogter self vir die vlugte en verblyf betaal.

Wendy het ’n BackaBuddy rekening oopgemaak en belangstellendes wat in Tiffany se reis wil belê, kan die webwerf, https://www.backabuddy.co.za/campaign/imta-international-models-talent besoek of Wendy skakel by 082 450 4087.



LEES OOK: NBSD students in Secunda perform last dance styles for 2024

LEES OOK: Motorfietsryers samel geskenke in op Standerton vir minder bevoorregte kinders

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button