Local newsNews

Motorfietsryers samel geskenke in op Standerton vir minder bevoorregte kinders

Volgens Lizaan du Toit van die Lonebuddies het die dag se insamelings die groep se verwagtinge oortref.

Die Lonebuddies motorfietsgroep het op 30 November hul ysterperde opgesaal vir ’n spesiale markdag in Meyerville.

Die geleentheid was die negende jaarlikse mark waar skryfbehoefdes en geskenke ingesamel is vir minder bevoorregte kinders.
’n Gemeenskaps gevoel en gees van liefdadigheid het die dag oorheers.

Alle gemeenskapslede, motorfiets- en voertuigliefhebbers kon vir die dag saamspan om ’n goeie doel te ondersteun.

Talle kleinsake ondernemings en plaaslike maatskappye het stalletjies opgeslaan en reggemaak vir ’n dag van lag en klets.


Nicko Strydom met sy reuse spookasem stokkie.

Aantreklikhede en vermaak by die mark het ’n tattoe stalletjie, die kunswerke van Cimone Duncan, musikale optredes van Chris van Tonder en Judith Kea wat haarself die Ysterperd Tert noem, ingesluit.

Volgens Lizaan du Toit van die Lonebuddies het die dag se insamelings die groep se verwagtinge oortref.

“Dit was fantasties om te sien hoe elkeen ’n speelding kom neersit – groot en klein, geld bydra of selfs net ondersteuning. Dit het die dag spesiaal gemaak,” het Du Toit gesê.

Die Lonebuddies prys die gemeenskap vir hulle liefdadigheid. Du Toit het selfs genoem dat sonder die mense van Standerton en ysterperd liefhebbers, sou hierdie geleentheid nie so ’n sukses kon wees nie.


Kinders ry die trein by die markdag.

Verskeie ander motorfietsgroepe van Secunda, Vrede, Bethal Newcastle en Dundee was ook teenwoordig.

“Ons het bymekaargekom om ons harte en hande oop te maak. Kinders, diere en bejaardes lê na aan ons harte en as ons minstens een kind se dag kan maak in die feesseisoen, sal dit genoeg wees,” het Du Toit bygevoeg.

Rudi Hahn, president van die Lonebuddies, het in afsluiting vir die dag ’n spesiale gedagte gedeel.

“Motorfietsryers kom dalk rof en grof voor, maar op die ou einde is ons almal gewone mense met klein harte. Selfs die internet sal verklaar dat wanneer jy ’n liefdadigheidsprojek aanpak, is ’n klomp motorfietsryers die beste mense om te nooi,” het hy verduidelik.




LEES OOK: GMM says they met targets of electricity meters reprogramming

LEES OOK: Premier launches programme to fix infrastructure in Standerton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button