Local newsLocal sportNews

Francois Scheepers wen klub van Standerton se eerste hengelkompetisie van 2025

Jackie Lombaard het die vroue afdeling met 13 vis (7.630kg) gewen. Die naaswenner was Marie Coetzee met drie visse van 3.475kg

Standerton & Distrik Hengelkub se voorsitter, Francois Scheepers, het die klub se eerste kompetisie van die jaar gewen.

Die kompetisie was op 4 Januarie in ‘n deel van die Grooidraaidam wat as die ‘baby pool’ bekend staan.

Scheepers het 45 vis met ‘n gewig van 25.495kg ingeweeg. Die naaswenner in die senior afdeling is Hendrik Kapp. Sy 22 vis het 18.050kg geweeg.

PJ Lombaard (senior) was derde met 26 vis van 14.015kg.

Jackie Lombaard het die vroue afdeling met 13 vis (7.630kg) gewen. Die naaswenner was Marie Coetzee met drie visse van 3.475kg

In die o19 afdeling het WJ Lombaard die meeste visse uitgetrek. Sy sak van 35 visse het op 23.070kg ingeweeg.

Sy tweeling broer, PJ, was tweede met sewe vis met ‘n gewig van 4.375kg.

Simoned Lues het die o13 afdeling gewen met 10 vis van 5.540kg terwyl Luaan Lombard die wenner onder die super snuiters was. Hy het vyf visse gevang wat saam 3.635kg geweeg het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button