Local newsNewsStreeknuus

Dié span se hart lê by die gemeenskap van Bronkhorstspruit

Die nasionale Community Support Award vir 2023-2024 is tydens die Supa Quick-groep se twee-jaarlikse konferensie by die Wild Coast Sun aan Jacques Gouws, eienaar van Supa Quick Bronkhorstspruit, oorhandig.

Supa Quick Bronkhorstspruit is onlangs vir hul toewyding in die gemeenskap vereer.

Die nasionale Community Support Award vir 2023-2024 is tydens die Supa Quick-groep se twee-jaarlikse konferensie by die Wild Coast Sun aan Jacques Gouws, eienaar van Supa Quick Bronkhorstspruit, oorhandig.

Dié toekenning word spesifiek toegeken aan die winkel in die groep van 204 winkels landwyd, wat die meeste daarop fokus om ’n verskil in hulle gemeenskap te maak deur opheffings- en welsynprojekte te ondersteun.

Van die projekte waarby Gouws en sy span betrokke was, sluit in voedingskema’s by hoërskole, laerskole, kinderhuise en vir bejaardes in die omgewing.

Hulle versprei ook maandeliks klere, komberse en speelgoed aan dié instansies en was deel van Kersprojekte by verskeie kinderhuise.


Supa Quick-groep se Besturende Direkteur, Michael Humphreys, oorhandig die toekenning aan Jacques Gouws van Supa Quick Bronkhorstspruit.

Met die verwoestende brande plase in 2023 en 2024 het Supa Quick Bronkhorstspruit met Bring Hoop, ’n nie-regeringsorganisasie, hande gevat en donasies sowel as skenkings gemaak aan hul Boere Droogte Hulpfonds.

Gouws en sy span is ook deel van Bronkhorstspruit se Team-Up to Clean-Up projek onder leiding van Vasti Mills.

Gouws het grootgeword in Supa Quick Bronkhorstspruit (destyds Geldenhuys Bande) en het oor naweke sakgeld verdien deur bande op en af te rol onder sy ouers, Charl en Babs Geldenhuys, se wakende oë.

Dit was nog altyd vir hom ’n hartsbegeerte om eendag die familiebesigheid oor te neem en om bogenoemde pryse te kon inpalm, is vir hom ’n voorreg.

“Bronkhorstspruit en sy mense is soos familie en een van die wonderlike dinge van gemeenskap is dat dit ons in staat stel om mense te verwelkom en te help op ’n manier wat ons nie as individue kon nie.

“Soos tannie Annetjie Kruger van Doxe Deo Kerk altyd sê: ‘Om te gee, maak jou nie arm nie. Dis ’n vooreg’.”




LEES OOK: Delmas First hopes for a bright year ahead

LEES OOK: Lekwa’s mayor congratulates matrics of 2024

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button