Laerskool Eloff se leierskorps ingehuldig
“Die groep leerders stel ’n navolgenswaardige voorbeeld vir al ons leerders en leef hul leierskap met diensbaarheid uit.”

Tydens ’n spesiale geleentheid is die nuwe leiers van Laerskool Eloff volwaardig tot hul pligte as leiers vir 2025 ingehuldig.
Dié geleentheid het op 31 Januarie in die skoolsaal plaasgevind.
Die diensleiers is Wian Blignaut, Ricardo Henry, Marko Malherbe, Alexander le Roux, Unathi Mazibuko, Leonard Meyer en Xavier Olivier.
Die leierskorps bestaan verder uit die hoofdogter Ariska Adendorff, hoofseun Ernst Rachmann, voorsitter van bemarking Lourenzo Botha, voorsitter van kultuur Larissa de Lange en die voorsitter van akademie Sthian Labuschagne.
Ander leiers is Johan Barnard, Tineal Blignaut, Wian Hattingh, Kiara Human, Luyanda Sam, Zizi Mkhwanazi, Junior Ndlovu en James Smit.
“Die groep leerders stel ’n navolgenswaardige voorbeeld vir al ons leerders en leef hul leierskap met diensbaarheid uit,” het die hoof Louise van Niekerk, gesê.
ALSO READ: VLU-lede op Bronkhorstspruit skep met koffie
ALSO READ: Delmas Valke-buurtwag slaan toe op 15 vermeende misdadigers