Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullinan leer waardevolle lesse teen sterk Loskop-span

Besoekers klop Cullinan met 68-7.

Cullinan se wedstryd Saterdag teen Loskop Rugbyklub was ’n harde stryd gewees. Loskop, bekend vir hul ervare en goed afgeronde span, het van vroeg af hul stempel op die wedstryd afgedruk.

Vir Cullinan was dit ’n groot uitdaging, veral met die insluiting van sewe jong spelers wat hul debuut in klubrugby gemaak het.

Reeds in die begin van die wedstryd het Cullinan onder druk gekom toe hul vaste fasette nie volgens plan verloop het nie.

Dit het die span op die agtervoet geplaas en gelei tot ’n reeks strafskoppe wat Loskop die kans gegee het om vinnig drie drieë te druk.

Met die span gedwing om opvang rugby te speel, kon Cullinan wel ’n drie druk in die eerste helfte, danksy ’n sterk lopie deur Pieter Uys.


LEES OOK: Gallery: Primary school athletes compete in GMM Primary Schools Athletics in Secunda


Net na rustyd het die span egter nog ’n terugslag beleef toe een van hul senters ernstig beseer is. Kort daarna moes Cullinan met ’n speler minder klaarkom ná ’n rooi kaart aan een van hul vleuels gegee is.

Loskop het hul momentum behou en elke kans benut, wat uiteindelik tot ’n oorwinning van 68-07 gelei het. Hoewel die uitslag nie in Cullinan se guns was nie, het die span steeds karakter en veggees tot die laaste minuut getoon.

Dié wedstryd het waardevolle lesse gebied, veral vir die jong spelers wat nou eerstehandse ervaring opgedoen het teen ’n sterk opponent.

Die fokus sal nou wees om uit hierdie ervaring te leer en sterker terug te kom in die volgende wedstryd.


Cullinan (wit en groen) vang die bal in ’n lynstaan terwyl Loskop se speler strek om dit af te vat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button