Local newsLocal sportNewsSchools

Hoërskool Secunda wen interhoër

Hoërskool Hoogenhout wen geesbeker.

Hoërskool Secunda het op 15 Februarie die Interhoër Atletiekbyeenkoms wat op Standerton plaasgevind het, gewen.

Secunda het 1 020 punte behaal terwyl Hoërskool Piet Retief tweede geëindig het met 917 punte en Hoërskool Hoogenhout derde met 792 punte.

Hoërskool Secunda se atlete wat uitgeblink het, is Hazel-Marí Bellingan wat as die junior Victrix Ludorum aangewys is asook die beste junior hekkies-atleet vir die dag, Arno Potgieter wat as die beste middel- en langafstande senior seun aangewys is, Lu-Mari du Plessis wat as die beste middel- en langafstande senior dogter aangewys is, Brand du Plessis (junior) wat as die Victor Ludorum en beste junior middel- en langafstande juniorseun aangewys is, Juné van Wyk wat as die beste middel- en langafstande junior dogter aangewys is, José van Rooi wat as die beste juior hekkies-atleet aangewys is, Kagisho Tshesebe wat as die beste hekkies senior seun aangewys is, Nicole Parrot wat as die beste worpe senior dogter aangewys is en Jayden Boshoff wat as die beste junior worpe-atleet aangewys is.
Hoogenhout het die geesbeker gewen.

Sedert die Covid-19-pandemie in 2021 was daar nie meer ’n geesbeker te wen by die interhoër, maar dit is vanjaar weer teruggebring.

Hoogenhout is ook aangewys as die skool met die beste opkoms en kreet en hulle dirigente is as die beste dirigente vir die dag gekroon.

Hoogenhout se dogtersspan het algeheel tweede geëindig en hulle atlete wat presteer het, is Tidi Makgato wat as die senior Victrix Ludorum aangewys is en JG Drotsky wat die o15 skyfwerp-rekord verbeter het.

Makgato het vyf goue medaljes ingepalm en die vérspringrekord verbeter. Sy het eerste geëindig in die 100m, 200m, 100m hekkies, vérspring en aflos-item.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button