Local newsLocal sportNewsSchools

Delmas karatekas palm medaljes in

Onder die bekwame hand van sensei Leon Gagiano het die jong klub bewys daar is groot dinge vir hulle op pad.

Die Tenshinkan Karateklub op Delmas het op 8 Februarie aan die Vaaldriehoek Kampioenskap in Benoni deelgeneem.

Dit was Tenshinkan Delmas se eerste deelname aan ’n kampioenskap. Die karatekas het in die kumite afdeling (puntegeveg) deelgeneem en verskeie brons, silwer en goue medaljes ingepalm.

Onder die bekwame hand van sensei Leon Gagiano het Delmas karatekas bewys daar is groot dinge vir hulle op pad.

Klasse word tans op Maandae en Dinsdae in die Rome Saal by Laerskool Delmas aangebied.

Tenshinkan Karate Delmas bied klasse aan vir kinders vanaf vierjarige ouderdom tot veterane en almal is welkom om saam te oefen.

Belangstellendes kan Gagiano by 081 246 3030 skakel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button