Local newsNews

Kinross VLU-tak vergader

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 13 Maart by te woon.

Lede van die Kinross VLU-tak het op 13 Februarie vergader en ’n onderwyser van die omgewing het die lede toegespreek en oor opvoeding gepraat.

Dié onderwyser het spesifiek op die voeding in opvoeding gefokus en gesê baie kinders gaan skool toe sonder kos.

“Ons kan sien wanneer kinders nie geëet het by die huis nie, hulle sukkel om te konsentreer en is moeg. Nie alle kinders is so gelukkig om ouers te hê wat hulle kos gee by die huis nie,” het die onderwyser gesê.

Dié onderwyser en van haar kollegas het ’n projek begin en met van die ouers hande geneem en ’n broodjie-projek begin wat hulle in staat stel om daagliks vir behoeftige kinders broodjies of ander kos te gee.

“Ons kan die verskil sien in die kinders se skoolwerk as hulle sop of ’n broodjie in die oggende by die skool kry.”

Vir skoolvakansies probeer dié onderwyser nie-bederfbare kos insamel en gaan laai dit by die behoeftige kinders se huise af.

Die lede het ook beplanning vir hul opkomende streekkonferensie wat op 5 en 6 Maart plaasvind, gedoen.

Die Kinross VLU-tak se volgende vergadering is op 13 Maart om 09:00 by die Evanderklub en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Launa Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button