Twee van Secunda kry nege jaar tronkstraf elk vir diefstal en bedrog
Hof vonnis paartjie wat mense ingedoen het met sonpanele.

Zane Calitz en Christo Boshoff, wat verlede jaar op 18 Februarie in hegtenis geneem is op aanklagtes van diefstal en bedorg, is uiteindelik gevonnis.
Dié twee het op 6 Maart weer in die streekshof op Evander verskyn en is op van die aanklagtes waar groot bedrae geld betrokke is, tot 10 jaar tronkstraf gevonnis waarvan twee jaar opgeskort is en vir die kleiner sake vir twee jaar tronkstraf waarvan een jaar opgeskort is.
Calitz en Boshoff het ’n onderneming op Secunda bedryf wat sonpanele geïnstalleer het. Hulle het die geld vir die sonpanele van mense ontvang en nooit die panele geïnstalleer of die mense hul geld teruggegee nie.
Hulle is in hegtenis geneem nadat die polisie verskeie klagtes van inwoners van Secunda, Bethal, Kriel Kinross en Brakpan ontvang het.
LEES OOK: Evander Court postpones bail hearing for eMbalenhle murder accused
LEES OOK: WATCH: School in eMbalenhle celebrates the life of slain matriculant