Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Tweede ronde van Delmas Rolbalklub se besigheidliga bring verrassings

Die Vlielelies en Bokmakieries sal op 11 en 13 Maart hul eindstryde speel.

Die tweede been van die Delmas Rolbalklub besigheidliga op 4 en 6 Maart het heelparty veranderinge op die punteleer veroorsaak. Die spanne het veral in die Bokmakieirieliga behoorlik skommeling veroorsaak.

Met 14 spanne en 56 spelers per aand was die klub se baan besaai met kleurvolle spelers, baie balle en hope gees.

Spanne wat op 4 Maart in die Vleilelieliga deelgeneem het, was die Junior Studiegroep met drie spanne, die Pionne Studiegroep met twee spanne, Stander en Vennote met vier spanne, Schoeman Boerdery met twee spanne, Maksimum Sekuriteit, Odendaal en Kruger en Perfect Water.

Die Junior Studiegroep se span een en span twee het na hierdie wedstryd die eerste twee plekke op die punteleer ingeneem gevolg deur span een van Schoeman Boerdery.


 


Die Bokmakierieliga het bestaan uit twee spanne van die Valke Buurtwag, twee spanne van Delkor, twee spanne van Schoeman Boerdery, twee van NTT Toyota en ‘n span elk van ARG Solutions, JMA, Isofab, Maksimum Sekuriteit en Pimankus.

In dié liga is Pimankus bo-aan die punteleer met die Valke Buutwag se span een en ARG Solutions gesamentlik in die tweede plek met 31 punte elk, en ARG Solutions in die derde plek.

Die president van die klub, Hanri Ehlers, het die borge, bestuur en klublede van Delmas Rolbalklub en die spelers bedank vir hul insette om van hierdie liga ‘n sukses te maak.

Die Vlielelies en Bokmakieries sal op 11 en 13 Maart hul eindstryde in dié liga speel waarna die trotse wenners van die 2025 besigheidliga gekroon sal word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button