SHS hou interne redenaars
In die huistaal voorbereide kategorie het leerders uitgeblink met hulle flinke taalgebruik.

Standerton Hoërskool het op 4, 6 en 11 Maart hul interne redenaarskompetisie gehou, waar hulle beste sprekers die verhoog aangedurf het.
In die huistaal voorbereide kategorie het leerders uitgeblink met hulle flinke taalgebruik.
Tussen die Graad Agt groep het Kenzy Sheppard ’n eerste plek behaal, gevolg deur Daleney Grobbelaar tweede en Anneke Gelderblom derde.
In die Graad Nege groep was Anelga Swart eerste en Ruben da Costa het ’n tweede plek behaal. Hanco van der Walt het oor die Graad 10 groep geheers. Clarissa Gerber was tweede en Susan Cawood derde.
In die Graad 11-groep het Driaan van Niekerk die beste praatvermoë getoon. Hy is gevolg deur Lidmari Sheppard in die tweede plek en Marli van Vuren derde.
Hoewel die matriek groep slegs drie sprekers gehad het, het almal goed gevaar.

Rhico van der Walt het eerste plek ingeneem, Leanell Loots het ’n tweede plek behaal en Benco Breytenbach was derde.
In die addisionele taal kategorie het die leerders besonderse toesprake voorgelê.
Oliver Hoop het ’n eerste plek behaal in die junior afdeling en Musa Mabuza het tweede gekom.
Onder die Graad 10 leerders het Asanda Madlala ’n eerste plek behaal, gevolg deur Khulile Gogwane tweede en Bonisiwe Sibanyoni derde.
Phumelele Nrombela het die Graad 11 groep oorheers. Reamoleboha Mofokeng het ’n tweede plek behaal en Mpilo Mashaba was derde.
Michael Kalell het in die matriek groep ’n eerste plek vir sy toespraak behaal, gevolg deur Sanele Khumalo (tweede) en Moloko Mamabolo in die derde plek.
LEES OOK: Standerton teacher gives back for her 60th birthday
LEES OOK: Puppies from Standerton dumpsite find loving homes