VLU Carpe Diem-streek hou konferensie op Delmas
“Geniet jou vrouwees, geniet die VLU waar jy jou gawes en talente kan ontwikkel en kan uitleef, en dien die Here met blydskap.”

Die sewe takke van die VLU Carpe Diem-streek het op 1 Maart op Delmas in die saal van die Hervormde Kerk gekuier vir ’n oggend propvol heerlike vrouwees aspekte.
Die vroue was deur die streekvoorsitter, Marcelle van Vuuren, verwelkom waarna Marié Terblanche, die openingsrede, rondom die tema, ‘Vrouwees is ’n fees’, gelewer het.
Kongresgangers was aangemoedig om hul vrouwees as uniekheid te aanvaar, want elkeen is God se droom.
“Vroue moet hul talente ontdek, ontwikkel en gebruik en mekaar met liefde dien. Geniet jou vrouwees, geniet die VLU waar jy jou gawes en talente kan ontwikkel en kan uitleef, en dien die Here met blydskap,” het Terblanche gesê.
Van Vuuren het twee van die lede van die uitvoerende komitee wat afwesig was weens siekte – streekskakelbeampte Lida Posthumus en die streeksekretaresse Anette Steyn – vereer.
’n Kers-seremonie was in eer van Phyllis Scruton gehou, ’n geliefde lid wat gedurende die afgelope jaar oorlede is. Cindy Coetzee, SAVLU president, gereed vir haar tweede termyn in die amp, was volgende aan die beurt.

“Die VLU is ’n platvorm waar vriendskapsbande, sonder enige voorbehoud, gesmee kan word,” het Coetzee gesê.
“Wanneer ons die tema uitleef in ons daaglikse aktiwiteite, is ‘vrouwees ‘n fees’. Dit is mos lekker om mooi aan te trek en om jouself te versorg.”
Coetzee het haar aanbieding met die gedig van AG Visser, ‘Vrouwees ’n fees’, afgesluit. Alna Kapp, VLU Mpumalanga president, het met verskeie aankondigings gevolg.
Die ACWW Konferensie word vanaf 27 tot 29 Mei deur VLU Mpumalanga aangebied. Die VLU Mpumalanga kongres sal op 20 en 21 Augustus plaasvind met die tema ‘groei in seisoen’.
Kapp het verder genoem daar sal aandag gegee word aan gesondheid, met veral vroue gesondheid in die kollig. Sy het ook bevestig die VLU Mpumalanga sal in 2027 die SAVLU kongres aanbied, wat elke drie jaar paasvind.
Kapp het die lede aangemoedig om met kompetisie-artikels, hul kennis te verbreed, en nie kritiek as afbrekend te beskou nie.

“Leef jou streek se naam uit, Capre Diem beteken ‘gryp die dag’, maak die beste van elke dag wat jou gegun word,” het Kapp bygevoeg.
Elna Kruger het haar lidmaatskaptoekenning vir 10 jaar, Marié Terblanche vir 20 jaar en Marie Jordaan vir 55 jaar, ontvang. Die toekenning vir die meeste konferensie bywoning was aan Mariné Pretorius, Lynette Gasson en Celia van Wyk toegeken.
Tertia Fouché van Valleys Best FERMENTed was volgende aan die woord.
Vroue van Delmas se VLU-tak het uitstekend presteer. Tydens die prysuitdeling was trofees aan Ansie van Zyl en Mariné Pretorius toegeken. Marié Terblanche het ’n algehele vierde plek en Ansie van Zyl ’n sesde plek, behaal.
“Ons is trots op al ons lede wat deelgeneem het,” het Delmas se skakelbeampte, Magriet Swart, laat hoor.
Marcia Keen het die vroue met sang vermaak. Tydens die verkiesing was Van Vuuren weer in haar amp as streekvoorsitter met Rina Breedt was as streekskakelbeampte, bevestig.
Na die bedankings het Terblance die trofee vir ‘ekstra myl’ vanaf Van Vuuren ontvang. Hierna was dit in tradisionele VLU styl tyd om aan die keurige kos te smul, soos deur die Delmas-tak voorberei was.
LEES OOK: Rate your SAPS with QR online survey
LEES OOK: Karate instructor from Standerton passes national referee examination