Dellies se kaalvoet-rugby sluit op hoë noot af
Tydens die senior rugbyweek het onderskeie skole se o.11-, eerste en tweede spanne mekaar die stryd aangesê op Laerskool Delmas se rygbyvelde.
Die nou al baie bekende rugbyweek soos jaarliks deur Laerskool Delmas aangebied, het weer baie skole, baie kaalvoete en lekker rugby bymekaargebring.
Die junior fase van die rugbyweek het op 28 en 29 Maart plaasgevind waarna die senior fase vanaf 31 Maart tot 2 April geduur het.
Tydens die senior rugbyweek het onderskeie skole se o11-, eerste en tweede spanne mekaar die stryd aangesê op Laerskool Delmas se rygbyvelde.
Twee plaaslike skole wat aan die rugbyweek deelgeneem het, was Laerskool Delmas en Laerskool Eloff. Ander deelnemende laerskole het van oraloor gekom, selfs sover as Phalaborwa en Komatipoort.
LEES OOK: Delmas-bejaarde met gebreekte heup kry operasie, maar sterf dae later
Nog skole wat deelgeneem het, was die laerskole van Trichardt, Onverwacht, DF Malherbe, Rynfield, Christiaan Beyers, HM Swart, Delville TP Stratten, Kanonkop en Westwood.
Die reën het die aspirant Springbokke kans gegee en alhoewel beide die A- en B velde nog baie nat was na die hewige reën van die vorige week, kon ouers en besoekers hulle verlustig in die kaalvoete se rygby.
Vir Laerskool Eloff se opkomende rugbyspanne het rugbyweek 2025 ook ’n besonderse prestasie onder die afrigting en leierskap van Peter Mnguni ingehou toe o13-span as die beste ontwikkelde span sedert verlede jaar aangewys is.
“Trots Loffies, ons Loffie-kinders, afrigters en ouers het leeuharte en ons is baie trots op ons skool,” het Laerskool Eloff op hul Facebook-blad laat hoor.













