Dellies hokkie presteer by Amajuba sportweek
Dit was ’n besonderse prestasie vir Dellies en hul eerste span afrigters, Riaan Muller en Jadan Herholdt, toe dié span as die beste span van die toernooi aangewys was.
Hoërskool Delmas hokkie spanne het onlangs aan die 42ste Amajuba Sportweek deelgeneem. Amajuba 2025 het op Volksrust plaasgevind en Dellies se eerste- en o16 spanne was daar om hul skool se naam hoog te hou.
Beide spanne het waardevolle afrigting onder die vaandel van die Hubach Hokkie Akademie ontvang. Daar was egter ook wedstryde teen sterk mededingers gespeel.
Dit was daarom ’n besonderse prestasie vir Dellies en hul eerste span afrigters, Riaan Muller en Jadan Herholdt, toe dié span as beste span van die toernooi aangewys was.
Verskeie spelers van Hoërskool Delmas is vir die Blue Runnings Internasionale hokkietoer na Nederland gerkies. Uit die eerste span is Judith van Heerden, Michaela McGregor, Jaqui Bosman en Luané McGregor gekies.
Uit o16 span geledere sal Hayley Kachelhoffer, Mishané Naude en Olivia Sibanyoni hul skool se naam hoog hou.
Nog spesiale toekennings wat Dellies tydens die toernooi verower het, was Mishané Naude wat as die beste o16 voorspeler aangewys was en Angel Dladla as beste doelwagter. Die toekenning vir die beste voorspeler in die eerste span het aan Judith van Heerden gegaan.







