Local newsLocal sportNews

Gholfers skyn by Sonskyn Kunsmis Meesterstoernooi op Standerton

Malan van der Merwe was die kampioen met 42 punte.

Die Standerton Gholfklub het die Sonskyn Kunsmis Meesterstoernooi op 12 April gehou. Malan van der Merwe was die kampioen met 42 punte.

Werner Mouton het ’n tweede plek verkry met ’n totale IPS-puntetelling van 40. Jacques Nel, Aldo Arnaldi, Casper Roux en Nico Lombard het elkeen 38 punte gemaak.

Rowan Brink, Attie Mouton en Ronald Kinnear het huiswaarts gekeur met 37 punte. Johan Griesel en Herman Mynhardt het die dag afgesluit met 36 punte.

Marius Kruger en Willie van Wyk het na 18 gatjies elkeen 35 punte aangeteken. Reghardt van der Westhuizen, Frans Kok, Jore Nortjé en Fanie Botha het elkeen 34 punte op hulle telkaartjies ingevul.


Rikus White is uiters gefokus.

Jacques Scholtz, André Burger, Corrie Visagie enAdri mynhardt het 31 punte elk bymekaargemaak. Rikus White en Wessel van der Merwe het elkeen 31 punte verkry.

Kristin Nortjé, James Bonthuizen, en RJ Kinnear het elkeen 30 punte aangeteken. Jabbies Lotz, Gerhard Brits en Gerrit Nel het die dag afgesluit met 28 punte.

Neville Ritchie het 27 punte verkry. Errol Harris en Henk Botha het huiswaarts gekeur met 22 punte elk.

André Kleynhans het 20 punte aangeteken, gevolg deur Christo Jonker (19). Nicolaas van der Linde het die dag afgesluit met 13 punte.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button