Die Pase op besonderse wyse op Delmas gevier
Verskeie kerke het dan ook ’n unieke uitstalling gehad waar die stappers kon aandoen, rus, besonderse boodskappe lees en die uitstallings aanskou.
Verskeie gemeentes op Delmas het saam ingespan om van die Paastyd, met die viering van Jesus Christus se kruisiging en opstanding, iets baie spesiaal te maak.
Gemeentes het op 16 April by die Hervormde Kerk op Delmas byeengekom waar die, nou reeds bekende Delmas gesamentlike Paasete, geniet was.
Met toneelspel, bybelse kosse wat ingesluit het brood, vis, hoender, vrugte en neute en vele meer, het die aand besonderse herinneringe vir die wat dit bygewoon het, geskep.
Vrydag, die dag waarop Jesus gekruisig is, het gemeentelede van verskeie gemeentes by die Delmas Wes Familiekerk saamgetrek vir die Pegrimstog.
Dié Pelgrimtog het kort na 11:00 begin en het ten doel gehad om elke kerk op die dorp as ’n verbygangspunt te hê.
Verskeie kerke het dan ook ’n unieke uitstalling gehad waar die stappers kon aandoen, asem skep, besonderse boodskappe lees en die uitstallings aanskou.
By die Hervormde Kerk op Delmas kon die stappers koffie, tee en koeldrank geniet.
Die pelgrimstog het by die Volle Evangeliekerk in Van der Waltstraat geëindig waar die stappers ook elkeen ’n klein geskenkie en verversing ontvang het.
Onderskeie gemeentes van op die dorp het vroegoggend, 20 Maart, gevier as die derde dag waarop Jesus uit die graf opgestaan het met sonopkomsdienste of opstandingsdienste gevolg deur nagmaal-dienste.










