AfriForum beveilig Standerton se substasie al vir twee jaar met kameras
Sedert die alarmstelsels geïnstalleer is, het kabeldiefstal grootliks afgeskaal.

AfriForum Standerton het twee jaar gelede alarm stelels in ses substasies geïnstalleer en het sukses gesien met hierdie inisiatief.
Volgens ’n persverklaring deur Ischke van Eeden, het Standerton voorheen gely aan talle krag onderbrekings as gevolg van kabeldiefstal en substasie vandalisme.
Sedert die alarmstelsels geïnstalleer is, het kabeldiefstal grootliks afgeskaal.
Hierdie inisiatief is nie geïsoleerd nie, en is deel van ’n landswye projek wat mik om belangrike infrastruktuur, soos pompstasies en substasies, te beskerm.
Die projek is aangepak met die hulp van Kasselman Veiligheidsdienste en Janson Sekuriteit. Van Eeden verduidelik elke stasie het sy eie alarmstelsel wat gemonitor word.
Sedert die installasie van die alarm stelsels, is geen kabeldiefstal by die betrokke substasies aangemeld nie. Volgens Van Eeden, is die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit van plan om hul eie alarms te installeer om substasies te beveilig.
“Plaaslike ondernemings en huishoudings was lamgelê deur gereelde kragonderbrekings, maar die projek het ’n effektiewe en goedkoop manier gebied waarop gemeenskappe kan help om infrastruktuur te beveilig,” het Leon Enslin, voorsitter van AfriForum Standerton-tak gesê.
LEES OOK: Gemeenskap van Secunda maak treintjie se spoor reg
LEES OOK: Dra Mekaar members get together at monthly meeting



