Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullies rugby plaas nog ’n wen in die sak

Die eindtelling was 24 vir Cullinan teenoor die 19 van die Westelikes.

Die Cullinan Rugbyklub het op 3 Mei teen die span van die Westelikes Rugbyklub in Pretoria te staan gekom.

Die klubs ding mee in die Blou Bulle Rugby Unie (BBRU) en Cullinan het weer eens gewen. Die eindtelling was 24-19.

Die puntemakers vir die wedstryd teen die Westelikes was Justin Coetzer, Markus van Loggerenberg, Vincent Marucchi en Willem Minny.

“Dit was weer ’n lekker, maar harde wedstryd,” het die afrigter, André van der Merwe, laat weet.

“Ons Cullies span het ons ook weer trots gemaak deur nog ’n bonus punt vir ’n weg wen te kry.”

Cullinan Rugbyklub sal weer op 10 Mei teen die span van die Stanza Bopape Rugby Club van Mamelodi in nog ’n weg wedstryd speel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button