Local newsLocal sportNews

Hengelaars wen groot by Grootdraaidam

Die mans en vroue het R1 000 ontvang vir die swaarste karp, modderbek en baber.

Meyerville Hengelklub het op 26 April ’n groot hengelkompetisie by hul waters in die Grootdraaidam aangebied.

Die mans en vroue het R1 000 ontvang vir die swaarste karp, modderbek en baber.

Die swaarste karp is deur WJ Smith en Carina Scheepers ingeweeg. Die vangs het onderskeidelik 3.32kg en 3.28kg geweeg.

Sonya van Jaarsveld se modderbek van 1.10kg en Quentin Visser se 1.24kg modderbek het die prysgeld opgeraap.

Linden Haasbroek (2.88kg) en Natanya Holliday (720g) het die swaarste babers uitgetrek.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button