Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Krieketklub wen gemaklik teen Phoenix

Phoenix kon slegs 2/90 bewerk in hul 20 beurte en Delmas het met 54 lopies gewen.

Delmas Krieketklub het op 11 Mei teen die span van Phoenix in die tweede ronde van die Mpumalanga T20 Winter Liga op Middelburg te staan gekom.

Phoenix het die loot gewen en die besluit dat die span van Delmas eerste moet kolf. Phoenix het vroeg in die spel reeds ’n paaltjie ingepalm en Delmas op hul agtervoete gehad. Met die telling op 45/2 in 10 boulbeurte, het Delmas se kolwers tot aksie oorgegaan.

Met ’n onoorwonne 52 lopies, nie uit nie, van Cliffard Gerber, en 53 lopies, nie uit nie, van die spankaptein Tyrone Greyling, het Delmas na hul 20ste boulbeurte met 144/2 gelaat.

“Ons kolfpaar het ’n vennootskap van 107 van slegs 30 balle gemoker en sodoende vir Delmas ’n stewige telling gegee om te verdedig,” het Greyling laat hoor.


LEES OOK: Mbalenhle Primary wins Govan Mbeki Municipality school debate


Delmas boulers het nie op hulle laat wag nie en dadelik ’n deurbraak gemaak toe Eugene Alberts van Delmas daarin geslaag het om beide Phoenix openingskolwers se paaltjies te laat verloor in die eerste boulbeurt.

Volgens Greyling het dié vroeë druk op Phoenix het Mirza Ilyas uitstekend geboul en met 3/16 opgeëindig.

Phoenix kon slegs 90/2 bewerk in hul 20 beurte en Delmas het gemaklik met 54 lopies gewen – dié wen het vir Delmas ’n bonus punt wen besorg.

Delmas kom op 18 Mei in die derde ronde teen Mavericks op hul tuisveld by Hoërskool Delmas te staan. Belangstellende spelers kan Tyrone Greyling 082 460 8220 of Gerhard Schoeman 076 089 8371 vir meer inligting kontak.


Tyrone Greyling en Cliffard Gerber.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button