Local newsLocal sportNews

Gholfers durf die baan aan by Ons Radio gholfdag op Standerton

Mark Nortjé het die dag met 41 punte gewen. Wessel van der Merwe het met 40 punte die tweede plek ingeneem.

Die Standerton Buiteklub het op 17 Mei OnsRadio se IPS-gholfdag aangebied. Die dag was omtrent ’n makietie en 42 gholfspelers het die baan aangedurf.

Mark Nortjé het die dag met 41 punte gewen. Wessel van der Merwe het met 40 punte die tweede plek ingeneem.
Mark Vienings het huiswaarts gekeur met 39 punte en ’n derde plek.

Casper Roux en JC van Loggerenberg het elk 38 punte bymekaargemaak. James Bonthuizen (senior) en Machiel Griesel was nek aan nek, met 37 punte elk.

Nico Lombard, Patrizia Lombard en Wikus du Preez het elk 36 punte op hul telkaartjies ingevul. Ronald Kinnear het erkenning ontvang omdat sy bal die naaste aan die pen geland het op putjies 2 en 11.

Wikus du Preez het sy bal naaste aan die pen op gate 8 en 17 gedryf. Kristen Nortjé het ’n toekenning ontvang vir die langste dryf onder die vroue en JC van Loggerenberg onder die mans.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button