Kestrelliga skop af met ’n wen vir Phoenix van Delmas
Met die blaas van die eindfluitjie was die telling op die telbord 32 - 17 met ’n stewige wen vir Phoenix.
Die Phoenix Rugbyklub van Delmas het op 17 Mei teen die span van die Thembisa Stallions op die A-veld van Hoërskool Delmas gespeel.
Dié tuiswedstryd vir Phoenix was ook die afskop van die Valke Rugby Unie se 2025 Kestrel liga-seisoen.
Teen halftyd was die telling 17-10 in Phoenix se guns en met die blaas van die eindfluitjie was die telling op die telbord 32-17 met ’n stewige wen vir Phoenix.
Die twee Phoenix spelers wat uitgeblink het in die wedstryd was Sifio Machitje en Kutlwano Kgomo. Phoenix kon daarin slaag om in 2024 die Kestrel-liga te wen nadat hul in 2023 tweede geëindig het.
Phoenix het vanjaar ’n nuwe span nadat baie van die spelers die span verlaat het. Phoenix se nuwe afrigter, Henlo Blignaut, het gesê day hy baie trots is op dié relatiewe nuwe jong Phoenix-span.
Blignaut thet voorts gesê dat hoewel hulle teen Thembisa gewen het, daar nog baie harde werk voorlê.
“Die Phoenix-span het egter hope talent en die spelers se houding is positief en gemotiveerd.”
Phoenix se volgende Kestrel liga-tuiswedstryd vind op 7 Junie op die rugbyveld van Hoërskool Delmas plaas.











