Fotograwe ding mee
Belangstellendes is welkom om die volgende byeenkoms op 6 Junie by te woon.
Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 2 Mei hul maandelikse byeenkoms gehou. Die gasspreker en beoordelaar vir die aand was Amy Ansell.
Die voorgeskrewe onderwerp vir Mei was ‘abstrak’ en Sussa Pelser het dié afdeling gewen met‘Spiral Staircase’.
Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.
Dr Leon Pelser het die beste foto onder die senior fotograwe ingeskryf en dié afdeling gewen met ‘Bee Fly’ in die pikturale afdeling.
Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir ‘In the Forest’ in die voorgeskrewe onderwerpafdeling ontvang.
Edmund Hattingh het die beste foto onder die junior fotograwe ingeskryf en dié afdeling gewen met ‘Vroegoggend Dorsles’ in die natuurafdeling.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook vir ‘Masked Weaver Take Off’ en ‘Los my Uit’, beide in die natuurvoëlsafdeling ontvang.
Lorraine Botha het sertifikate van meriete vir ‘Cormorant Take Off 2’ in die natuurvoëlsafdeling, ‘Innocent Stare’ in die pikturale afdeling en ‘Eeek’ in die fotojoernalistieke afdeling ontang.
Yolandi Geyser het twee sertifikate van meriete ontvang vir ‘Drinking Some Water’ in die natuurafdeling en ‘Flower Reflection’ in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
John Mullineux het ’n sertifikaat van meriete vir ‘Twilight Owlet’ in die natuurvoëlsafdeling ontvang. Die Hoëveld Fotografieklub hou hul volgende byeenkoms op 6 Junie om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.
LEES OOK: Standerton Town Hall is in abysmal state
LEES OOK: Councillors tackle Standerton’s deteriorating town hall



